Hoërskool Kempton Park se fietsrysterre skitter by liga
56 Skole in Gauteng-Suid bied fietsry as skole sport aan. Hoërskool Kempton Park behaal na afloop van die liga ‘n 3de plek en daarmee saam kwalifiseer 10 ryers om op 27 en 28 September 2019 aan die Nasionale Kampioenskappe te gaan deelneem.
Kempies is trots op die leerders!

v.l.n.r. : Voor: Me. Riëtte Wessels (Organiseerder), Anri Odendaal, Kaylin Smith en Shané van der Sandt Agter: Frederik Booysen, Rosario Pereira, Johnathan Robb, Wian Verweerd, Rewan Oosthuizen en André van der Walt.