Trio Hoërskool vaar puik by die SA Tweekamp kampioenskappe
Baie geluk aan die Tweekamp atlete van Trio Hoërskool met hulle uitstekende prestasies die naweek tydens die Suid-Afrikaanse Tweekamp-kampioenskappe.
O.15 Seuns:
- Johny Donald behaal ‘n 24ste plek uit 53 atlete.
- Luan Pretorius behaal ‘n 52ste plek uit 53 atlete.
O.17 Seuns:
- Wian Pienaar behaal ‘n 25ste plek uit 60 atlete.
O.19 Dogters:
- Charmae Donald behaal ‘n 20ste plek uit 40 atlete.
O.19 Seuns:
- Johan Kriel behaal ‘n 53ste plek uit 57 atlete.
Junior mans:
Dwayne Pienaar behaal ‘n 15de plek uit 17 atlete .
Hoërskool TRIO behaal ook ‘n algehele 15de plek uit die 87 hoërskole wat tydens die naweek deelgeneem het.