Primêre Skool Jordania o.13 A netbalmeisies haal die Drakensbergspanne
ADVERTISEMENT
Na afloop van die Drakensbergstreek se netbalproewe wat op 19 April plaasgevind het, is Primêre Skool Jordania baie trots op al hul o.13 Eerstespan meisies wat in die onderskeie Drakensbergspanne opgeneem is. Hulle neem weer op 5 Mei aan die Thabo Mofutsanyana proewe deel. Baie geluk!

In foto voor vlnr: Lea-Mé Pettit en Yovanka Malan
Agter vlnr: Bongiwe Sigasa, Kesia Nel, Sonelle Jonker, Mnr Casper Knoester (afrigter), Zoë Ellis, Anri de Jager en Zanike van Zyl (reserwe, mag ongelukkig nie aan die proewe deelneem nie). Trots op julle!