Kwaliteituitslae word deur Bethlehem Voortrekker se Matriekklas van 2020 behaal
Bethlehem Voortrekker Komprehensiewe skool spog voorwaar met sy 2020-matriekgroep. Die kwaliteit van die uitslae is van hoogstaande gehalte in beide die akademiese en tegniese afdeling. Die skool is ook gelys onder die toppresterende skole in die Vrystaat. Daarby is besondere individuele prestasies behaal.
Ten opsigte van kwaliteit is dit belangrik om daarop te let dat 58 leerders in totaal 128 onderskeidings behaal het. Wat egter selfs belangriker is, dat 99.9% van BVHS se 2021-matrieks toelating tot tersiêre studies verwerf het. Van hulle kwalifiseer 72.93% vir matrikulasievrystelling/ graadstudies, 26.3% vir diplomastudies en 0.75% vir hoër sertifikaat.
Hierdie syfers bewys weer eens dat Voortrekker sy leerders vir die toekoms voorberei en dat akademie ‘n top prioriteit vir sy leeders sowel as vir sy bekwame personeelkorps is. ‘n Groot aantal leerders behaal ‘n persentasie van 79% in verskeie vakke. Hulle doen aansoek vir hernasien in Maart. Die totaal onderskeidings wat na alle waarskynlikheid aansienlik sal verhoog sodra die hernasien van eksamenskrifte afgehandel is. Een van ons leerders kry Junie 2021 die geleentheid om sy uitslae te verbeter tydens die hereksamen. Vyf leerders het 7 onderskeidings elk, vyf het 5 elk, en een het 4. Daarby het een leerder 3 onderskeidings, vyftien het 2 elk en een-en dertig leerders het elkeen 1 onderskeiding. Dit sorg vir ‘n ryke oes van 128 onderskeidings.

Stefan van Wyk vyf onderskeidings

Jana de Jager 5 onderskeidings

JW van der Merwe 5 onderskeidings

Lieze Fouche 5 onderskeidings

Bianca Lessing 5 onderskeidings
Bethlehem Voortrekker wens sy presteerders, die Matriekklas van 2020, hul ouers en onderwysers hartlik geluk. Uitnemendheid deurstaan die toets van tyd. Sukses is die resultaat van harde werk en toegewydheid in ‘n moeilike jaar met baie uitdagings rondom die pandemie.

Inge Fourie 7 onderskeidings

Alexa van Wyk 7 onderskeidings

Ashley Stemmet 7 onderskeidings

Cara Viljoen 7 onderskeidings

Danelle Greyvenstein 7 onderskeidings
Vakonderskeidings:
- 2 Afrikaans FAL
- 10 Afrikaans HT
- 5 Besigheidstudies
- 1 CAT
- 1 Ekonomie
- 13 English FAL
- 6 Fisiese Wetenskap
- 1 Gasvryheidstudies
- 1 Geografie
- 5 IGO
- 11 Lewenswetenskappe
- 47 LO
- 1 Siviele Tegnologie
- 10 Rekeningkunde
- 11 Wiskunde
- 8 Wiskundige Geletterdheid
Totaal : 128