Hoërskool Witteberg oudleerder maak trots
Die Hoërskool Witteberg Bond is trots op Tiaan Naude (Matriek 2022) wat onlangs vir CUT Young Guns (Bloemfontein) in die Varsity Cup stryd teen TUKS & NWU Pukke uitgedraf het. Tiaan het in Januarie by CUT in Bloemfontein aangesluit waar hy sy rugby loopbaan voortsit en sy Graad in Onderwys gaan verwerf. Naude het Witteberg in 2021 en 2022 by die Griffons Cravenweek verteenwoordig.