Matriekuitslae-vreugde by Hoërskool Reitz
Matriekuitslae-vreugde by Hoërskool Reitz!!!! 24 agtereenvolgende jaar 100% slaagsyfer!!!!
Op 8 Januarie was die 2019 Matrieks vir oulaas by hul alma mater.
Opsomming: Matriekuitslae: – Klas van 2019
- 100 % slaagsyfer
- RHS onder top 100 skole in die Vrystaat.
- 75% van ons matrikulante verwerf universiteitstoelating vir graadstudie aan Universiteite.
- Alle ander matrieks het toelating vir Diploma en Tersiêre studie. Dus kan al Hoërskool Reitz se leerders verder studeer. Julle toekoms lê blink voor julle!
- Talle individuele prestasies en vakonderskeidings is behaal.
Hoërskool Reitz is baie trots op elkeen van die Matrikulante van 2019! Est Laborare! Van ‘n wyse om te werk.