Hoërskool Kroonstad hoofseun haal top 50 eerstespan rugbyspelers
Cornél Saunders, hoofseun en matriekleerder van Hoërskool Kroonstad, is ‘n jongman om dop te hou op die rugbyveld. Hy is geïdentifiseer deur Ruggas.co.za as een van die top 50 eerstespan rugbyspelers in Suid-Afrika.
Hierdie groep toer na die Verenigde Koningkryk vanaf 12-21 Desember 2020 waar hulle teen verskeie top o/19 rugbyspanne van professionele klubs gaan speel. Baie geluk, Cornel. Bloues is trots op jou!