Bethlehem Voortrekker drama leerder voltooi 12 maande kursus suksesvol

Carlem Germishuizen, ‘n graad 11-leerder wat drama as vak neem, het dít so baie geniet dat sy haar vir ‘n 12 maande lange kursus ingeskryf het en dit suksesvol voltooi het. Carlem het vir 12 maande ‘n dramakursus, Speeltoneel, gevolg onder leiding van vele bekendes soos Desiré Gardener. Tydens hierdie 12 maande moes sy verskeie modules en take afhandel. Sy het dit suksesvol voltooi en het ‘n beter idee van wat ‘n lewe in die vermaakbedryf behels. Bethlehem Voortrekker Hoërskool is baie trots op Carlem, omdat sy dié kans gewaag het en dit boonop gebruik in die drama-klas! Baie geluk, Carlem!

Carlem Germishuizen, Alta Rall (Hoof van Drama – BVHS)