4 Hoërskool Witteberg leerders dring deur na ATKV Redenaars Landsfinaal
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg is ongelooflik trots om aan te kondig dat vier van ons leerders deurdring na die ATKV-Redenaars Landsfinaal, ná hul uitstekende prestasie by die Vrystaat Semifinaal wat op 23 Mei by Witteberg aangebied is. Baie geluk aan:

𝐋𝐞𝐨𝐧𝐞𝐥𝐥𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐍𝐢𝐞𝐤𝐞𝐫𝐤– 1ste plek in Gr. 8-9 Afrikaans Huistaal Voorbereid

𝐆𝐞𝐫𝐡𝐚𝐫𝐝 𝐍𝐞𝐥 – 1ste plek in Gr. 8-9 Afrikaans Huistaal Onvoorbereid

𝐋𝐢𝐦𝐚𝐲 𝐊𝐫𝐢𝐞𝐥

𝐉𝐞𝐦𝐦𝐚 𝐒𝐡𝐞𝐩𝐡𝐞𝐫𝐝
Hierdie vier leerders sal Witteberg verteenwoordig by die nasionale rondte wat op 5 & 6 Augustus by Goudini Spa in die Kaap plaasvind. Verder is ons trots om te noem dat 15 Wittebergers onder die Top 10 in hul afdelings geëindig het – ‘n bewys van die hoë standaard van redenaars by ons skool. Baie geluk aan al ons redenaars – Witteberg is trots op julle!