Hoër Meisieskool Oranje verwelkom nuwe personeel
’n Oudleerder en twee buitelanders het hulle vanjaar by die Hoër Meisieskool Oranje se personeel aangesluit. Bernadene van Wyk en Satu Reiman gaan Duits (tweede addisionele taal) onderrig. Van Wyk is van Namibië afkomstig en Reiman van Duitsland. Chanmari Erasmus is die nuwe drama-onnie. Sy was in haar matriekjaar een van Oranje se onderhoofdogters.

Van links is Erasmus, Van Wyk en Reiman.