Fichardtpark Primêre Skool is top primêre skool op akademiese gebied
ADVERTISEMENT
Fichardtpark Primêre Skool het die afgelope naweek as die top primêre skool op akademiese gebied in Motheodistrik (die groter Bloemfonteindistrik) aangewys volgens die kriteria wat die onderwysdepartement gebruik het. Dit was in die kwintiel 4 en 5 skole-afdeling naamlik: skole wat skoolgeld hef.
Dié prestige geleentheid, of te wel die “Motheo Well Done Function,” het by Albert Moroka Hoërskool te Thaba Nchu plaasgevind. Die funksie is gereël om die prestasie van Motheodristrik, as die beste onderwysdistrik op akademiese gebied, nasionaal te vier. Die Minister van Onderwys, me. Angie Motshekga, dr. Makgoe, die LUR van onderwys in die Vrystaat, asook mnr. D.S. Moloi, die distriksdirekteur was van die hooggeplaastes wat dié geleentheid bygewoon het.
Fichies het ‘n sertifikaat, ‘n trofee, asook ‘n kleurdrukker as beloning ontvang. Ons kan met groot dankbaarheid sê dat bogenoemde toekenning die produk van goeie leierskap, deeglike beplanning, harde werk en toewyding is Fichies is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n skool waar al die betrokke rolspelers, naamlik personeel, ouers en leerlinge hande vat in die beste belang van ons kosbare leerlinge se toekoms.