Laerskool Fichardpark se hoof verjaar
Baie geluk aan ons hoof, mnr. Marius Kriel, wat sy geboortedag reeds op 31 Mei herdenk het. Fichie maats en personeel het op eg Fichie wyse Mnr. Kriel se verjaarsdag gevier! Mnr. Kriel trap diep spore in almal se lewens – dit was ook die tema van sy verjaarsdagviering! Die leerlinge het pragtig gesing en Mnr. Kriel is bederf met duisend kinderlaggies en mooi wense!
Mag ons Hemelse Vader mnr. oorvloedig seën met die keur van Sy seëninge!!