Sterk vertoning van Die Hoërskool Brandwag rugbyspanne
Die Hoërskool Brandwag se rugbyspanne het hul veggees op die veld gewys met ‘n reeks harde wedstryde. Die spanne het waardevolle ondervinding opgedoen en wys dat hulle reg is vir die seisoen wat voorlê. o.14A – ‘n Taai stryd, maar het ongelukkig net-net met 10-12 teen Secunda verloor. o.15A – ‘n Sterk vertoning lei tot ‘n goeie 28-12 oorwinning teen Knysna. o.16A – Brandwag wys krag en oorheers met ‘n 48-24 sege oor St Davids. 1ste span – ‘n Puik vertoning besorg Brandwag ‘n welverdiende 32-22 oorwinning teen Die Anker.