Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Paul Sauer se hoofseun vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Paul Sauer se hoofseun: Ruan Ackerman
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Ek sien uit om die uitdagings wat die jaar meebring aan te pak en om ‘n verskil te maak. Ek wil leerders leer om respek te hê vir mekaar en onderwysers en ek is opgewonde om daardie voorbeeld te stel.
Wat sou jy sê is jou sterk-en swakpunte? My swakpunte is defnitief ‘n bietjie FOMO (die vrees om uit te mis). ‘n Mens wil doen wat reg is, maar jy wil jouself ook geniet – dit is nou wel jou matriekjaar. Maar gelukkig is my sterkpunte dat ek ‘n balans kan vind en dink voor ek iets doen. Ek is baie respekvol, hardwerkend en het goeie oordeelsvermoë as dit kom by keuses maak oor wat reg en verkeerd is. Ek werk op my beste wanneer ek onder druk is en ek dink dit sal nou baie handig in kom.
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Ek glo die kinders kort meer repsek, ons moet strenger op hulle wees sodat hulle hulle les kan leer. Ek wil ook baie graag nuwe tradises maak, ek wil ‘n merk los en hoërskool vir kinders lekker maak. Ek is al van Gr. 1 af in Paul Sauer en ek wil kinders daardie gevoel gee wat ek ervaar het wanneer ons as ‘n skool iets gedoen het. Kinders moet opgewonde wees oor HPS sodat hulle eendag só baie stories het om te vertel.
Matriek is jou laaste jaar – van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek soek onderskeidings in al my vakke, ek werk nog altyd hard om dit te bereik en sal dit beslis nóú nog meer doen.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Moenie oorweldig of onder druk voel nie, vind die grys area waar jy jouself kan geniet en ook jou pligte as leier kan nakom. Wees verantwoordelik en kom jou verantwoordelikhede na.
Wie is jou rolmodel? Defnitief my pa. Hy het my geleer om altyd respek te hê en regtig voluit te leef, sodat jy nooit spyt sal wees of uitmis nie. Hy het my nog altyd geleer om hard te werk om te “go for it” – om altyd te mik vir die meeste. (En dan ook, natuurlik, Jesus!)
Wat is jou planne vir na skool? Die hoofdoel nou is om goed te presteer op skool sodat ek na skool kan gaan studeer (al is die onsekerheid nog hoog), maar studeer wil ek beslis. Ek wil net seker maak dat ek verskillende opsies het.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? The Flash, want hy het die vermoë om baie dinge te verander – die verlede en die toekoms.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… Defnitief by die see saam met my gesin of vriende.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Margot Robbie.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Defnitief rugby!
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Grootmenskoffie – cappuccino
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Die TV-reeks gaan altyd daar wees, maar die musiekfees nie, so defnitief ‘n musiekfees.
- Android of iOS? Android