Laerskool Stulting verwelkom hul nuwe maatjies
ADVERTISEMENT
Die eerste dag van die “groot skool” was iets waarna baie maatjies oor die land uitgesien het en by Laerskool Stulting was daar beslis geen tekort aan opgewondenheid nie!
Die naweek voor die tyd is daar behoorlik geskarrel om tassies, skoolklere, potlode ens. vir die eerste dag van skool gereed te kry. Die maatjies kon omtrent nie wag om met skool te begin nie. Met blink gepolitoerde skoolskoene kon hulle uiteindelik hul eerste tree van hul skoolloopbaan in die gange van Stulting gegee. Die juffrouens was net so opgewonde om die nuwe maatjies in Gr. 1, sowel as in Gr. R te verwelkom. Groot opgewondenheid het ook in die Gr. RR-klassie geheers waar laggende kleingoed die jaar met hul handjies vol verf en klei begin het. Stulting wens al hul nuwe maatjies ‘n geseënde skoolloopbaan toe. Baie welkom by die Stulting-familie!

Janina Ferreira

Zahid Commons

Xander Troskie

Liana Meiring

Pieter Swart

Elzé Du Plessis

Taylor Human

Liam Jonker

Lienka Janse Van Rensburg

Dianca van der Sandt

Stephan Harding

Ethan Maulgas

Nina Bredell

NC Terblanche

Leani Knoesen