Die Hoërskool PJ Olivier Interact-klub bederf kinders voor Kersfees
Die Hoërskool PJ Olivier Interact-klub het ‘n suksesvolle “Donate Something Sweet to a Child in Need” inisiatief gehad. Hulle het aan kinders en bejaardes in die gemeenskap pakkies soetgoed en lekkernye geneem om hulle voor Kersfees te bederf. Baie dankie aan Juf. Douglas vir die reëlings en Mnr. Oosthuizen en Juf. Steyn vir die hulp. Ons waardeer elkeen wat ‘n donasie gemaak het en veral vir Legends Cash Store vir hul vrygewige skenkings.