Hoërskool Framesby swemmer swem goeie tye in die SA Ope Water Kampioenskappe
Baie geluk aan Hoërskool Framesby swemmer Katie Horne wat die naweek deel geneem het aan die SA Ope Water Kampioenskappe. Sy verower die volgende plekke: Algeheel 2de en 2de in haar ouderdomsgroep in die 7.5km item. 6de algeheel en 1ste in haar ouderdomsgroep in die 5km item.