Hoërskool Framesby swem met 14 eerste plekke weg
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby swem met 14 eerste plekke weg! Swemuitslae vir OP Skole 22 swemmers word ingeskryf. 2 onttrek ongelukkig weens siekte. Uit die 20 wat deelneem, behaal Framesby die volgende:
14 1ste plekke
7 2de plekke
7 3de plekke
Baie geluk aan Milla van der Merwe, Kelsi Oelofse en Jaco Strydom wat hul tyd in een of meer van hulle items verbeter het. Ons wag op finale uitslae om te hoor wie gekies is om Oos-Kaap te verteenwoordig by SA-Skole. Baie dankie aan elke swemmer wat met entoesiasme en volharding kom oefen en deelgeneem het. Julle maak ons trots.