Hoërskool Framesby leerder ingesluit in die SA skole tennisspan
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Framesby leerder Leila Nel met haar insluiting in die SA tennisspan. Framesby is so trots op jou! Leila het die afgelope naweek deelgeneem aan die TSA interprovinsiale tennistoernooi te Pretoria. Sy het 5 uit die 6 enkels gewen wat ‘n baie goeie prestasie is. Haar uitslae is as volg: (begin op 2 elk).
Gauteng Oos wen 6-2 6-2
Mpumalanga gewen 6-2 5-3
Noord-Kaap gewen 6-3 6-2
WP Dizas gewen 6-3 6-3
Gauteng Central verloor 6-3 7-5
KZA A gewen 7/6 6/2
Die Oos-Kaap Olifante eindig 7de