Hoërskool Framesby landloop atlete kook tydens hul eerste landloopliga
ADVERTISEMENT
Die plaaslike skole landloopliga het Woensdag by Hoërskool Framesby afgeskop waarin verskeie skole deelgeneem het. Soos wat die middag se temperatuur kookpunt bereik het, was die Framesby-atlete kookwater en het skitterend presteer veral in die spanafdeling. In die spanafdeling het Framesby 5 uit die 6 afdelings gewen wat ‘n fenomenale prestasie is. Die o.15 en o.17 dogters het hul onderskeie afdelings gewen en die seuns het skoonskip gemaak deur die o.15, o.17 en o.19 afdelings te wen. Die volgende individuele prestasies is ook behaal:
- Dogters o.14 1ste – Elmé Vermaak, 3e – Therese Otto
- Dogters o.15 3e – Jamie-Lee Bester
- Dogters o.16 3e – Ilke Wolmarans
- Dogters o.17 3e – Zané Jubber,
- Seuns o.14 1e – Jess Santos, 3e – Stefan Boshoff
- Seuns o.15 3e – Jacob Strydom
- Seuns o.16 1e – Dallian Oerson
- Seuns o.19 3e – Jeanré Oelofse