Hoërskool Framesby atlete skitter in die Oos-Kaap Atletiekkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Die Oos-Kaap Atletiekkampioenskappe het van 7-9 Maart in Queenstown plaasgevind. Hoërskool Framesby het die meeste atlete van enige skool in
die Metro-span met 21 atlete gehad. Die atlete het hul uitstekend van hul taak gekwyt en briljante resultate opgelewer. Nie minder as 4 Oos-Kaap rekords is gebreek deur die talentvolle groep atlete nie. Ons moet spesiale vermelding maak van Kayden Thoressen wat die S/15-Paalspring en Driesprong rekords verbeter het. Inge van Eyk en Tiané Slabbert het die D/19 en D/15 Paalspringrekords verbeter. Nog uitblinkers was Lincoln Kunneke wat 3 goue medaljes verower het, sowel as Kayden Thoressen en Karlie Janse van Rensburg wat elk 2 goue medaljes ingepalm het.
Die volgende statistiek vorm deel van Hoërskool Framesby se uitslae:
- 21 Atlete
- 4 Oos-Kaap rekords
- 12 Goue medaljes
- 9 Silwer medaljes
- 2 Brons medaljes
Individuele prestasies:
Goue medaljes:
- Karlie Janse van Rensburg – D/14 90m Hekkies en 300m Hekkies
- Micaela Potgieter – D/14 Paalspring
- Tiané Slabbert – D/15 Paalspring (Verbeter rekord van 2.20m na 2.55m).
- Juané Deysel – D/15 Verspring
- Inge van Eyk – D/19 Paalspring (Verbeter rekord van 2.75m na 2.80m).
- Kayden Thoressen – S/15 Paalspring (Verbeter rekord van 3.30m na 3.95m) en Driesprong
- (verbeter rekord van 12.53 na 12.93m)
- Lincoln Kunneke – S/15 Hamergooi, Diskusgooi en Gewigstoot
- JJ de Lange – S/17 Paalspring
Silwer medaljes
- Minke van der Merwe – D/15 Verspring
- Esri le Grange – D/17 Hamergooi
- Kylie Klaasen – D/17 Driesprong en Hoogspring
- Leolin Petersen – D/19 Verspring
- Luan Kleyngeld – S/14 Verspring
- Bjorn Visser – S/15 Hamergooi
- Dieter Voigt – S/15 300m Hekkies
- Zack Slabbert – S/15 Paalspring
Brons medaljes
- Juané Deysel – 90m Hekkies
- Kayden Thoressen – Hoogspring