Hoërskool Despatch se jaarlikse Atletiek ‘n dag vol pret
Die jaarlikse Kleure- atletiekbyeenkoms het laas week plaasgevind.
Die skool se wit-, groen- en goudspanne het gereed gestaan om te wys wie die meeste gees het en wie as wenners gekroon gaan word. Die dag was warm, maar die leerders het uitgehou en aangehou.
Baie dankie aan al die personeel, leerders en ouers wat die dag ‘n sukses gemaak het.