Die Hoërskool Brandwag o.16A seeviër by Jeppe Rugbyfees
Die Hoërskool Brandwag o.16A seeviër by Jeppe Rugbyfees! Ons o.16A-span het gister ’n kragtige 31-15 oorwinning teen Northcliff behaal. Na twee opeenvolgende wedstryde oor twee dae is die seuns se lywe moeg, maar hul deursettingsvermoë en spanwerk het gesorg vir ’n indrukwekkende vertoning op die veld. Baie geluk, manne—ons is trots op julle! “Baie dankie aan Johan van Jaarsveld vir die pragtige foto’s wat ons herinneringe vasgevang het.”