Uitstekende tye vir Laer Volkskool fietsryers
ADVERTISEMENT
Agtien leerders van Laer Volkskool het Saterdag, 01 April 2023, die Sneeuberg Crawl in die Murraysburgdistrik aangepak. Daar was 138 ryers wat in verskillende afdelings meegeding het. In die 50 km het Frederik de Klerk (o.10) ‘n tweede plek in die o.15-afdeling behaal. In die o.12-afdeling het Pedri van der Merwe ‘n eerste plek, Naude van der Merwe ‘n 2de plek en James ‘n 3de plek verower.
Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het. Trots op julle!