Middelburg HS spog met ‘n nuwe Wiskunde onderwyser
Middies spog met ‘n nuwe Wiskunde onnie.
Juffrou Charnelle Dunn het aan die begin van die jaar by Middies aangesluit.

Juffrou Charnelle Dunn
Sy is ‘n boorling van die Oos-Kaap en het aan die Hoërskool Framesby gematrikuleer. Charnelle kom uit ‘n familie van onderwysers – beide haar ouers was ook in die onderwys. Sy verwerf ‘n Meestersgraad in die onderrig van Wiskunde en het eers onlangs na Suid-Afrika teruggekeer vanaf Abu Dhabi waar sy Wiskunde onderrig het.
Juffrou Dunn is passievol oor haar vak asook die Karoo en die see. Welkom terug in Suid-Afrika en spesifiek by Middies in die Karoo.
Fotograaf: Johanette van Heerden