Laerskool Cradock vier spesiale Civvies Dag
Laerskool Cradock het ‘n Civvie dag op 1 April gehou. Die tema: “So sal jy my nooit weer sien nie,” het selfs die personeel geinspireer om deel te wees van die pret. Mee. Nicola Swart en Amori Kroucamp het die leerders laat skaterlag met hul kleurvolle uitrustings.