Laerskool Cradock Biblioteekmonitors
ADVERTISEMENT
Laerskool Cradock Biblioteekmonitors vir 2023 word aangewys. Weens covid-19 was CLS se biblioteek vir ‘n lang ruk nie gebruik nie. ‘n Groot skoonmaak poging is ingesit om die biblioteek weer reg vir gebruik te kry. ‘n Klomp nuwe leesboeke is ook aangekoop. Biblioteekmonitors vir 2023 is aangestel om in die biblioteek te help. Die boeke het die kinders gemis!

Voor v.l.n.r AnnaMart J v Rensburg, Layken Cherry, Liya Galada, PD Cilliers. Agter v.l.n.r Onika Qwede, Sibabalwe Mongo, Juanita Kruger, Hannalise de Lange.