Laerskool Aliwal-Noord vier `n spesiale verjaarsdag
MNR. OBERHOLSTER VERJAAR!
Mnr. Abrie se heel-heel laaste verjaarsdag by Laerskool Aliwal-Noord! Kinders en kollegas het al vooraf in die geheim begin beplan en in al die klasse is tyd ingeruim vir die skryf van verjaarsdag wense op persoonlike kaartjies en vlaggies. Net voor hul pouse sluip al die leerlinge rugbyveld toe, waar almal, volgens covid-protokol, hul plekke in ‘n reuse-vierkant in neem – met die Graad 7’s wat die ere plek beklee met ‘n groot 65 in die middel te vorm. Dit het, van bo-op die dek, gelyk soos ‘n geraamde prentjie.
Toe mnr. Abrie opdaag het almal spontaan begin sing. Met die hele skool wat “Happy Birthday, Mr Abrie” gesing het, en almal met hul klein wit vlaggies en die graad 7 se rooi ballonne gewapper het, het ‘n vreugdevolle ervaring ontstaan!
Hierna het die Adjunk-Hoof, namens die skoolfamilie, Mnr. Abrie geluk gewens. Sy het genoem dat dit ‘n groot eer was vir almal om sy dag saam met hom te vier, al kan woorde nie behoorlik sê hoe mense hom respekteer en admireer as uitstaande leier en rolmodel nie.
Mnr Abrie het al die kinders met ‘n verjaarsdag-doughnut behandel en almal moes erken: dit was die grootste verjaardag viering wat ons nog lank gehad het! Ons beste wense aan jou Mnr. Abrie, vir ‘n gesonde, gelukkige en geseënde nuwelewens jaar saam met al jou harts mense!
MAY GOD’S GOODNESS FILL YOUR WORLD FOR THE REST OF YOUR LIFE!
“Your guidance and your firm leadership, yet gentle instructions – has benefitted this school for the last 20 years.
Half of all your teaching years (40 yrs) has been spent in building this school to what it is.”
Aliwal North Primary salute you for who you are!