Laerskool Aliwal-Noord atlete presteer by Nasionale Kampioenskappe
Die Nasionale Atletiekkampioenskappe, beter bekend as SA’s, het op 20 en 21 Maart 2023 in Pietermaritzburg plaasgevind. Twee atlete van Laerskool Aliwal-Noord het die voorreg gehad om deel te wees van die byeenkoms. Liane Krűger behaal ‘n vyfde plek in die gewigstoot vir dogters 0.12 jaar. Sy behaal ook haar persoonlike beste afstand van die seisoen met ‘n pragstoot van 10 meter. Baie geluk, Liane!!
Gerbrandt Bekker, seuns 0.13 jaar, neem deel aan die gewigstoot en skyfwerp. Gerbrandt behaal ‘n sewende plek uit 15 deelnemers in die gewigstoot. Hy behaal ook ‘n elfde plek uit 22 atlete in die skyfwerp. Voorwaar ‘n puik prestasie!! Congratulations to these athletes and their parents. You make ANPS proud.