Laer Volkskool hokkiedogters presteer tydens toernooi
Pietie Coetzee hokkietoernooi:
Die o.13A hokkiedogters het vir die sestiende agtereenvolgende jaar aan bogenoemde toernooi deelgeneem. Hierdie dogters het teen groot skole meegeding en uitstekend gevaar. Hulle het ‘n vyfde plek in die toernooi verower. Laer Volkskool is baie trots op hierdie dogters met die mooi prestasie.
- LVS verloor teen Oranje Meisieskool 0 – 8
- LVS verloor teen Menlo park 1 – 2
- LVS verloor teen Eunice 0 – 9
- LVS speel gelykop teen Jordania 1 – 1
- LVS verloor teen st Mary’s 0 – 2
- LVS verloor teen Collegiate 0 – 2
Laer Volkskool speel uit vir 5de en 6de plek teen Jordania. Die wedstryd eindig 1 elk en daar is ‘n “shoot out” gehou waar 3 dogters een vir een 8 sekondes kry om ‘n doel aan te teken teen die doelwagter om die wenner te bepaal. Jani van der Merwe, Anishka Luiters en Zanri Groenewald is gekies om aan die “shoot out” deel te neem en hulle was al drie suskesvol in hulle beurt. Laer Volkskool eindig dus 5de in die toernooi.
Baie geluk aan al die dogters wat aan die toernooi deelgeneem het. Laer Volkskool is baie trots op julle!