Laer Volkskool kampioen swemmers

Laer Volkskool leerder is die SA Kampioen in 200m rugslag. Zenicke van Schalkwyk het hierdie week verneem sy is Suid-Afrika se topswemmer in haar ouderdomsgroep vir die 200m rugslag (dogters o.10 en onder). Met die onlangse bekendmaking van Suid-Afrika se swemranglys vir die 2021-2022 swemseisoen het Zenicke in 6 afdelings die top 10 van Suid-Afrika vir dogters onder 10 en onder behaal. Baie geluk, Zenicke! Dis ‘n merkwaardige prestasie. Ons is baie trots op jou!
Prestasies volgens die Suid-Afrikaanse Ranglys 2021 – 2022:
- 1ste in die 200m rugslag (SA Kampioen)
- 2de in die 100m rugslag
- 3de in die 200m vryslag
- 4de in die 50m rugslag
- 8ste in die 100m vryslag
- 8ste in die 200m wisselslag
- 11de in die 50m vryslag

Zenicke van Schalkwyk
Swem
Volgens die Suid-Afrikaanse ranglys vir 2021 en 2022 het Carlien Oosthuizen die volgende prestasies behaal vir dogters o.12.
- 30ste in die 200m rugslag
- 37ste in die 100m rugslag
- 47ste in die 400m vryslag
- 48ste in die 50m rugslag
- 51ste in die 200m vryslag
- 94ste in die 200m wisselslag
- 97ste in die 50m vryslag
- 98ste in die 100m vryslag
- 192ste in die 50m borsslag
Baie geluk, Carlien. Trots op jou!

Carlien Oosthuizen