Laer Volkskool hokkie uitslae
ADVERTISEMENT
Twaalf van die o.13 hokkiedogters het gedurende die vakansie vanaf Saterdag, 30 Maart 2024 tot Dinsdag, 2 April 2024, aan die ECHS-Afrigtingstoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Tydens die toernooi was daar afrigtingsessies, waar die ECHS-afrigters die spelers met vaardighede gehelp het om hul spel te verbeter. Die spelers het baie geleer en met elke sessie en wedstryd gegroei. Baie geluk aan Dante Dercksen, Ancois Viljoen, Zenicke van Schalkwyk en Angela Vorster wat gekies is vir die span wat na Nederland gaan toer vanaf 22 September tot 2 Oktober 2024. Laer Volkskool is baie trots op julle!
Die tellings is as volg:
- verloor Panorama A 0 – 2
- gelykop teen Union 1 – 1
- verloor Paarl Gimnasium 0 – 3
- wen Panorama B 3 – 0
- verloor ECHS (Recta) 0 – 5
- gelykop teen ECHS (Marko) 0 – 0
- wen ECHS (Marko) 0 – 2

Foto: Voor: Angela Vorster, Stacey Jansen, Karien Swiegers, Dante Dercksen, Zenicke van Schalkwyk, Uné Dercksen Ager: Karlien Serfontein, Ancois Viljoen, Kiana Ngemntu, Elrie Pretorius, Miané van der Merwe, Lillah Viljoen