Hoërskool Cradock neem deel aan die tennis kampioenskappe
Op 21 April 2025 het Cradock Tennis Klub hulle jaarlikse tennis Klub Kampioenskappe gehad. Met baie kompeterende en sterk kompetisie in beide die mans en vroue afdelings, is ons baie trots op Cindy Duvenage (Graad 10 leerder van CHS) wat die “Ladies Club Champ” vir 2025 is en Ricky de Klerk (oud skolier van CHS) as die “Men’s Club Champ” vir 2025.
Dis die derde opeenvolgende jaar wat ‘n leerder van Hoërskool Cradock die klubkampioenskap wen met Liané van Der Walt (Graad 10 leeder CHS) as die voormalige kampioen van die vorige twee jaar. Ricky de Klerk (oud skolier) is die kampioen vir die afgelope 6 jaar en dis ons voorreg om hom as die CHS tennisafrigter te hê.