Hoërskool Aliwal-Noord skuts vaar uitstekend tydens Prysskiet-kompetisie
Die Vrystaat Skoleskietvereniging se Prysskiet 1 kompetisie was gehou op 7-8 Februarie 2020 by Hoërskool Sentraal.
Hoërskool Aliwal-Noord se skuts het gaan deelneem aan hierdie kompetisie en baie goed gevaar. Die uitslae was as volg:
In die 0/16 afdeling het 43 skuts deelgeem en in die 0/14 afdeling het 19 skuts deelgeneem.
Bruce Malherbe behaal 25ste plek met ‘n total van 745 punte.
Rudolph Coertze behaal ‘n 30ste plek met ‘n totaal van 722 punte.
William Muir behaal ‘n 32ste plek met ‘n totaal van 690 punte.
In die 0/14 afdeling behaal Harm Marx ‘n 10de plek met ‘n totaal van 608 punte. Mandie Wiese behaal ‘n 13de plek met 562 punte en Johane Malan ‘n 14de plek met 529.