Hoër Volkskool tennisspelers gekies vir provinsiale spanne
Tien van Hoër Volkskool Graaff-Reinet se tennisspelers is verkies vir die Oostelike Provinsie Plattelandse tennisspanne. Hulle sal later in die jaar aan interprovinsiale toernooie deelneem. Baie geluk aan elke speler! Die skool wens die leerders alle sterkte toe!

Agter van links na regs: Elize de Jager (o.16), Danè Thiart (o.19), Lliam van Heerden (o.16) en Alwyn van der Merwe (o.19 reserwe vir die A-span). Voor van links na regs: Zanri Groenewald (o.14), Petrie van der Merwe (o.16), Pieter van der Merwe (o.14) en Inke van der Merwe (o.16). Afwesig vir die foto is twee sussies, Petronè en Juryna Fourie, albei o.19.