Hoër Volkskool speel goeie netbal
Verlede Woensdag het Hoër Volkskool teen Hoërskool Burgersdorp kragte gemeet op die netbalbaan te Middelburg. Die weer was onvoorspelbaar, maar die wedstryde kon aangaan.
- Die 0.14Aspan verloor ongelukkig 10-12
- 0.16B span verloor 15-16
- 0.16A span verloor ook met ‘n naelbyt telling van 13 – 14
- Die tweedes het bietjie swaarder gekry en verloor 17-23
Die eerste span het egter ‘n goeie oorwinning behaal van 22 – 7, terwyl die wedstryd aan die einde van die derde kwart gestop moes word, omdat die bane te nat was om verder te speel.