[Onderhoud] Ooskus Gimnasium- Eestespan Rugbykaptein – Rossouw Nel
Ons het die geleentheid gehad om met Rossouw Nel, kaptein van Ooskus Gimnasium se eerste rugbyspan te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruisigte vir die seisoen. Rossouw vertel wat sy span uniek maak en hoe hulle beplan om die uitdagings wat voorlê aan te pak.
Hoe uitdagend was die voorbereiding vir die seisoen en is julle gereed vir die uitdagings wat voorlê?
Elke wedstryd is `n uitdaging en ons eet hom soos wat n mens
n olifant sou eet – happie-vir-happie.
Watter spesifieke sterkpunte glo jy dat hierdie jaar se span het wat julle van die opposisie sal onderskei?
Ons sterkpunt is dat ons span `n eenheid is.
Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei en waarop sal jy as leier fokus?
Dit is vir my `n trots en dit is `n eer om ons span te lei. Ek sal daarop fokus om die eenheid in ons span te behou, op en van die veld af.
Watter tradisies of waardes maak jou skool se rugbykultuur uniek?
Voor elke wedstryd bid ons as span elke keer op die veld.
Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel?
Ons doel is om die span eerste te stel en ons volle potensiaal te bereik.
Watter opkomende wedstryde of toernooi sien julle die meeste na uit?
Ons sien uit na al ons ligawedstryde en ook na ons Oakdale-toernooi.
Is daar ‘n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom?
Ek kyk op na Pieter-Steph du Toit, want op die veld is hy `n yster, asook van die veld af.