Hoërskool Grens leerders haal die nasionale visvangspan
ADVERTISEMENT
Tydens die naweek van 31 Maart tot 2 April 2023 het twee leerders van Hoërskool Grens aan die Suid-Afrikaanse Junior visvangkompetisie by Wriggleswade dam deelgeneem. Tydens twee onderskeie sessies moes elke deelnemer vyf visse vang. Die visse is dan geweeg om ‘n gemiddelde gewig te bepaal, waarvolgens die wenners dan aangewys is. Tyran Kotze behaal die agtste plek. Jandré le Roux behaal die eerste plek. Beide leerders gaan in Desember 2023 aan ‘n internasionale visvangkampioenskap teen Zimbabwe deelneem.