Provinsiale trots vir Laerskool Gericke
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Anmari du Toit van Laerskool Gericke wat gekies is in die Boland o.13 IPT-hokkiespan (A-span)! Anmari se toewyding, harde werk en passie vir hokkie het haar hierdie besondere prestasie besorg.
Tydens die capping-seremonie het sy amptelik haar Boland-kleure ontvang het – ’n trotse en welverdiende mylpaal in haar hokkieloopbaan. Hierdie prestasie getuig van haar talent en deursettingsvermoë, en ons is ongelooflik trots op wat sy reeds bereik het.
Ons wens Anmari alle sterkte en sukses toe vir die komende IPT-toernooi. Mag dit die begin wees van nog vele hoogtepunte op die hokkieveld!










