Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Nylstroom se hoofdogter vir 2022
ADVERTISEMENT
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Nylstroom se hoofdogter: Anika Holtzhausen
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om die skool na hoër hoogtes te neem, saam met my mede-LUK van 2022 te leef en laat lewe en hoop en geloof by elkeen te kweek.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunte: Deursettingsvermoë
- Swakpunte: Ongeduldig
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Nee, alhoewel ons by Hoërskool Nylstroom daarin glo dat mens altyd jouself kan verbeter op akademiese gebied, op die sportveld en daar waar jy met kultuur-aktiwiteite besig is.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Die feit dat ons Nylies ‘n familie is. Ons kyk na mekaar. As een lag, dan lag ons saam, as een huil, dan huil ons saam en as een hoop, hoop ons almal saam!
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek sou graag in al my vakke onderskeidings wou behaal.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Hoop en wees die hoop. Nie net vir jouself nie, maar ook vir die mense om jou!
Wie is jou rolmodel? My ma, Janet Holtzhausen.
Wat is jou planne vir na skool? Ek wil graag na matriek fisioterapie gaan studeeer.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Wonder Woman – dit is ‘n karakter met passie, omgee en deursettingsvermoë.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… ‘n Braai saam met vriende en familie.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Rob Lowe.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Netbal
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Cappuccino
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? Musiekfees bywoon.
- Andriod of iOS? Android.









