[Onderhoud] Hoërskool Durbanville Seunshokkie Eerstespankaptein –Hugo Bredell
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Hoërskool Durbanville en Hoërskool Stellenberg hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie.
AWSUM het die geleentheid gehad om met Hugo Bredell, Seunshokkie Eerstespankaptein van Hoërskool Durbanville te praat oor hul voorbereiding, sterkpunte en vooruitsigte vir die seisoen..
Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Ons hou nie op veg nie, maak nie saak wat die telbord sê nie.
Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei? Dit beteken vir my alles. Dit is n groot eer om die eerste span te lei van die sport waarvoor ek so lief is. Daar lê trots daarin om die skool te verteenwoordig en my broers op die veld te lei. “Blood is thicker than water: you are closer to the people who you shed blood with during battle than to your family.” Niks is moontlik sonder my span nie, dis hulle wat my toelaat om te lei.
Het jul skool `n groot hokkiekultuur en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou? Ek dink die hokkiekultuur in ons skool is definitief besig om eksponensieel te groei. As mens kyk na die hoeveelheid spelers en toeskouers kan mens nie ander sê nie. Sukses speel definitief n rol, maar nie noodwendig die einresultaat nie. Sukses vir my is as die span saam speel, doen wat gevra word deur ons afrigter en alles gee op die veld. As mens na n verloor kan opstaan en aanhou wys dit vir almal wie jy is.
Wat wil julle as `n span in 2025 bereik? Dis n baie maklike antwoord. Ons wil interskole wen. Dis n groot wedstryd op ons kalender en ons werk al heel jaar daarheen. Ons sal ook in die premier liga wil
Watter wedstryd en/of toernooi is vir jul die spesiaalste en hoekom? Definitief interskole. Daar is n enorme opgewondenheid en gees rondom interskole. Die hele week se aktiwiteite bou alles op na een wedstryd toe. Die afwagting en emosie loop altyd hoog. Dis die hoogtepunt van die sport kalender en almal wil dit op n goeie noot afsluit. Ons wil ons skool trots maak en hulle verwagting tegemoed kom deur die Durbie naam hoog te hou.
Is daar ‘n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed? My broer, Derik Bredell. Hy was 2 jaar terug matriek en ek was bevoorreg om in graad 10 saam met hom 1ste span te kon speel en interskole kon wen. Hy was van kleins af vir my n rolmodel en het my altyd gedruk om beter te wees en harder te werk. Al die jare van teen iemand 2 jaar ouer oefen het my definitief n beter hokkiespeler gemaak en my liefde vir die spel net nog meer gemaak.

Hugo Bredell
Ons het ook met die afrigter van dié span, (Ryan Byrne ) gesels:
What can the school and parents expect from your team this Interschools? The school and parents can expect an entertaining match between both teams with high energy.
How does your team prepare in the week leading up to a big game such as this weekend against (opponent)? Our preparation in the week leading to interschools is mainly to absorb all the energy and antics that occur during this week. It is easy to get lost in the noise during this week, so our preparation is to keep them together and mentally focused on their job.
Where would you say your strengths lies this year? Our power will always be in unity, when we play for one another and for the badge on our chest. No one can stop us!
Who has had the greatest influence on you as a coach in your life? Is there someone you look up to? During my hockey career, I had experienced many different types of coaches and coaching styles. Some really inspired me to be the best and some broke me as a player. My experiences influenced me into becoming a coach that inspires the players to be their best.
What message do you convey to your team just before they run on the field? This is the moments why we play this sport. Go out there and enjoy yourself, remember to fight for the badge and fight for the man next to you.









