Nie eens die gietende reën kon Hoërskool Framesby landloop atlete keer
ADVERTISEMENT
Die eerste PE Skole landloopliga het op 10 April by Hoërskool Framesby plaasgevind. Nie eers die gietende reën kon Hoërskool Framesby se 45 landloopatlete, onder die bekwame afrigting van juf. Cronje, stop om in hul massas deel te neem en die span- en individuele kompetisies te domineer nie. 22 van die 45 atlete het onder die top 5 posisies in hul onderskeie ouderdomsgroepe geëindig. Die resultate is as volg:
Dogters 14 (4km)
- 1ste – Karli Louw
- 2de – Jaydene Tee
- 4de – Minette van Zyl
- 5de – Elri Smit
Dogters 15 (4km)
- 2de – Minke van der Merwe
- 3de – Jodia Steenkamp
- 4de – Lize Retief
- 5de – Therese Otto
Dogters 16 (4km)
- 1ste – Jamie-Lee Bester
- 3de – Kristen Goosen
- 5de – Carli Maritz
Dogters 17 (4km)
- 2de – Ilke Wolmarans
Dogters 19 (4km)
- 3de – Zané Jubber

Seuns 14 (4km)
- 2de – Ben Nothnagel
- 4de – Christiaan Theron
- 5de – Arno Nortje
Seuns 15 (4km)
- 2de – Stefan Boshoff
- 3de – Cleushey Jansen
Seuns 16 (4km)
- 1ste – Guerra Ntuli
- 5de – Ruben Bouwer
Seuns 17 (6km)
- 2e – Dallian Oerson
Seuns 19
1ste – Tiaan Peens
Die spankompetisie is ook totaal oorheers deur Framesby. 7 van die 10 ouderdomsgroepe is deur Hoërskool Framesby gewen. 1ste plek D/14, D/15, D/16, D/17, S/14, S/15, S/16 2de plek S/17










