Na amper 3 jaar het Hoërskool DF Malan die Oranjerivier aangedurf
ADVERTISEMENT
Na amper drie jaar kan ons uiteindelik weer terugkeer na die Oranjerivier! 50 graad 11-leerders het tydens die Oktober-vakansie saam met ‘n paar Hoërskool DF Malan-onderwysers die rivier aangedurf. Tussen stroomversnellings, piekniek hou en goggas baklei het almal hulleself gate uit geniet. Ons sien die rivier gou weer.















