LS Aliwal-Noord leerder gekies deur Vrystaat Gholf Unie
ADVERTISEMENT
VRYSTAAT GHOLF UNIE
Schalk Pieterse, ‘n leerder van Laerskool Aliwal-Noord was gekies deur die Vrystaat Gholf Unie om hul te verteenwoordig by die jaarlikse o.13 uitnodigingsbyeenkoms by Katberg.
Schalk Pieterse het die 11de tot die 13de Februarie aan die SAKids gholf toernooi by Huddle Park in Johannesburg gaan deelneem. Schalk is daarna deur die Vrystaat Gholf Unie verkies om hierdie Unie by die jaarlikse o.13- Uitnodigingsbyeenkoms te Katberg te verteenwoordig. Hierdie toernooi vind vanaf 18 tot 21 Maart plaas.
Laerskool Aliwal-Noord wens Schalk alle sterkte toe. Jy maak die skool trots.










