Ligbron Akademie vir Tegnologie stoeier veg sy pad na bo
ADVERTISEMENT
WP Human, ‘n graad 11 leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie, is opgeneem in die Suid-Afrikaanse Stoei Federasie se nasionale O.17 span om aan die Afrika Stoei Kampioenskappe deel te neem. Die kampioenskappe vind van 29 April tot 5 Mei in Casablanca, Marokko plaas. Stoeiers van oor Suid-Afrika wat in aanmerking geneem is vir die span, is genooi om aan die nasionale proewe deel te neem wat op 15 Februarie in Belhar, Kaapstad gehou is. Tydens hierdie proewe het WP met krag, tegniek en deursettingdvermoë vir hom ‘n plek oopgeveg in die vrystyl, sowel as die Grieks Romeinse styl. Die Liggies hou hierdie jong stoeier met verwagting dop.










