Ligbron Akademie vir Tegnologie fietsryers op die podium
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se fietsryers het die afgelope Saterdag aan die eerste Mpumalanga XCO wedren deelgeneem. Dit is aangebied by PD Cycles Terra Nova Park in Secunda. Ligbron is trots op Matthew Warburg (junior mans O.17/18) wat ‘n eerste plek gekry het en Ruben Krugel (jeug mans O.15/16) wat derde geeindig het.










