Ligbron Akademie vir Tegnologie blink uit by Interhoër
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie het met groot sukses aan die Wildeklawer Interhoër in Pretoria deelgeneem. Die byeenkoms is deur Hoërskool Oos-Moot aangebied.Die Liggies het in groep nege van die byeenkoms kragte gemeet teen Curro Pretoria en Hoërskool Garsfontein.Beide die Liggies se seuns en dogtersspanne was die beste in hul groep. Die span het huistoe gekom met 70 goue, 31 silver en 15 brons medaljes.
Die Ligbron atlete behaal die volgende uitsonderlike prestasies:

DeVilliers Dippenaar wen goud in die o.15 gewigstoot, diskus en spiesgooi en is aangewys as die junior Victor Ludorum.

Darius Boshoff was die senior Victor Ludorum, met drie goue medaljes in die o.17 gewigstoot, diskus en spiesgooi.

Marjolé Scheepers (o.15) wen die verspring, die 200m en die 90m hekkies en is aangewys as die beste junior baan atleet en hekkies atleet – meisies.
- Ellané dos Reis is aangewys as die beste spronge atleet, met ‘n nuwe interhoër rekord vir hoogspring o.14 met ‘n sprong van 1.52m.
- Milla Dippenaar (o.14) wen goud in die gewigstoot, spiesgooi en diskus. Sy is aangewys as die beste junior veld atleet – meisies.
- Andries Burger (o.15) bring ook drie goue medaljes huis toe vir die 400m, 800m en die 1500m. Hy is aangewys as die beste junior langafstand atleet – seuns.
- Jayden Plaatjes (o.15) is aangewys as die beste junior baan atleet – seuns.
- Kyla van der Merwe (o.17) is aangewys as die beste senior veld atleet – meisies.
- Katlego Sibiloane (0.17) is aangewys as die beste senior hekkies atleet – seuns.
- Berrie Nel (o.15) is aangewys as die beste senior hekkies atleet – seuns.
- Bernè Wentzel (o.17) is aangewys as die beste senior hekkies atleet – meisies.
- Yolisa Burger (o.15) is aangewys as die beste junior langafstand atleet.
- Mia Breytenbach (o.17) is aangewys as die beste senior langafstand atleet – meisies.
Die hoogtepunt van die dag was die tien aflosspanne wat almal hul aflosse gewen het. Die skool kyk met trots terug na ‘n baie suksesvolle dag en glo wanneer hulle volgende jaar opskuif na groep agt, hulle steeds groot sukses sal behaal.









