Leerder van Laerskool Garsfontein tree uit as naaswenner van die ATKV Redenaars
ADVERTISEMENT
Die ATKV Nationale Redenaars rondte het vanjaar by die ATKV-Goudini Spa plaasgevind op 5 en 6 Augustus. Na ’n strawwe uitdunproses waarin meer as 10 000 deelnemers hul sprekersvaardighede getoets het, het slegs 295 finaliste mekaar in die laaste rondte die stryd aangesê. Logan van Heerden, van Laerskool Garsfontein het as naaswenner uitgetree in die Kategorie Graad 4- 5, Afrikaanse Huistaal. Logan het die gehoor en beoordelaars beïndruk het met sy insiggewende en kragtige toespraak oor ongelykhede in skolesport veral die verskille tussen A- en B-spanne.










