Laerskool Witpoort skitter op provinsiale vlak
ADVERTISEMENT
Laerskool Witpoort skitter op provinsiale vlak.Klarabelle het aan die Gauteng- Noord Ritmiese Gimnastiekkampioenskap deelgeneem en ‘n uitstekende prestasie gelewer deur ‘n goue medalje te verower!
![]()
Hierdie besonderse prestasie het haar ook ‘n plek by die Gauteng Ritmiese Gimnastiekbyeenkoms besorg,waar
sy Gauteng-Noord verder sal verteenwoordig.Ons is ongelooflik trots op jou harde werk, deursettingsvermoë
en toewyding. Mag hierdie net die begin wees van nog vele suksesvolle oomblikke op die gimnastiekvloer.Baie geluk, Klarabelle.
Klarabellewitpoort
Baie geluk aan ons o.12A-netbalspan! Met trots kan ons aankondig dat ons o.12A-span deurgedring het na die Inter-Regional Tshwane Playoffs Gauteng Noord D1! Ons wens julle alle sterkte toe vir die uitspele. Speel met passie, geniet elke oomblik en hou die Witpoort-vlag hoog!










