Laerskool Witpoort Kwartaal 1 uitblinkers
ADVERTISEMENT
Laerskool Witpoort Kwartaal 1 uitblinkers:
Perdry
Die Witties ruiters het 12 Februarie en 13 Februarie by Eaton Farm in Johannesburg deelgeneem aan hulle eerste perdrykompetisie die jaar. Zanica Grobler het 2 puik eerste plekke verwerf en Ne-Reike Smith het ‘n 8ste plek verwerf.
JUDO
Judo boeties Daegan Webster, Graad 6 en Kallan Webster, Graad 1 het albei Saterdag 12 Februarie deelgeneem aan die Gauteng Ope in Johannesburg. Beide Daegen en Kallan is deel van die PMA groep. Daegan het goud verwerf in sy gewigsgroep en Kallan het brons verwerf in sy gewigsgroep.

Daegen

Kallan
Karate
Tinitia van Tonder een van Witties se graad 3 leerders het Saterdag 19 Februarie aan die Noord-Gauteng karatekompetisie deelgeneem. Tinitia spog met 2 goue medaljes.

Tinitia van Tonder
Kultuur
Chantoné Buckle in Graad 3 is genooi om Saterdag 15 Januarie ‘n oudisie by te woon vir ABS produksies en Via KykNet. Sy is een uit 20 finaliste wat gekies is om ‘n “acting” kursus by te woon en sy is ook ‘n rol verseker in ‘n kort film waar sy saam ‘n paar bekends gaan optree.

Chantoné Buckle













